Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe laai ek produkte af en druk boeke?

Hoe laai ek produkte af en druk boeke?





Wanneer u bestel en betaal het, stuur die stelsel vir u 'n epos met u aflaaihake en raak u faktuur met aflaaihake beskikbaar op die webwinkel.

Handboeke, rekenaarpakkette en eksamenvraestelle kan met die onderstaande aanwysings afgelaai word.

U kan twee paaie volg om u produkte af te laai. A. Klik op die aflaaihake op u epos of B. gaan op die webwinkel na My Fakture en klik op die faktuur op "Laai af". Albei metodes word onder verduidelik.

Belangrik: Soms raak eposse met die aflaaihake verlore. Kontroleer asb of u aflaaihake nie al op u fakture op ons webwerf beskikbaar is nie. Meld aan en gaan na "My fakture" regs bo.

Belangrik: Bêre al die lêers wat u aflaai op 'n veilige plek vir latere gebruik. U kan dit net 'n beperkte aantal kere aflaai.

Wenk: Laai gerus die produkte by 'n sterk internetkoppeling af op 'n geheuestokkie. Dis gelukkig net een keer per jaar nodig om af te laai. Installeer dit daarna op die regte rekenaar.

Wenk: Moet net nie die rekenaarprogramme op die verkeerde rekenaar installeer nie. Dan sal u 'n kode (nog 'n program) moet aankoop vir die tweede rekenaar.

A.  Laai af met die aflaaihake op u eposboodskap

  1. Maak die epos met die opskrif "Kenweb: Aflaaihake vir faktuur #..." oop.

    Hierdie epos ontvang u nadat betaling gedoen is.

    Epos voorbeeld

  2. Klik op die aflaaihaak van die item wat u wil aflaai. Hake is gewoonlik onderstreep.

  3. Dit neem u na 'n webwinkelbladsy met die opskrif "LAAI AF".

    Webwinkelbladsy met aflaaihaak

  4. REGSKLIK nou op die produknaam (bv Gr05Geheelpakket.exe (8.5MB)) onder die opskrif "Aflaaihake" en kies "Save link as" of "Save target as". Indien daar meer items is, moet almal afgelaai word.

  5. FOUTKODE. Indien u aflaai geblokkeer word soos met die foutboodskap dat die lêer onveilig is, kan u een van die ander weblesers (browsers) probeer. Kyk gerus na Chrome, Firefox, Opera en Internet Explorer. Almal is gratis om af te laai en te gebruik.

  6. Kies op die venster wat verskyn waar die lêer op die rekenaar se vaste skyf gebêre moet word.

  7. Bêre dié lêer ook veilig vir toekomstige gebruik.

  8. Rekenaarprogramme: Kyk na die hulpbladsy: "Hoe installeer ek 'n program?" om verder te gaan.

    Handboeke:

    Dubbelklik op die afgelaaide lêers om hom oop te maak. Dit mag nodig wees om Adobe Reader van die internet af te laai indien u hom nie reeds het nie. Maak 'n rugsteun van die lêer vir ingeval die een wat gebruik word, beskadig raak.

    Om handboeke te druk, gaan in Adobe Reader na File > Print. Indien "Print" nie beskikbaar is nie, Google "print pdf with Adobe Reader".

    Eksamenvraestelle:

    Dit word in .zip-formaat verskaf. Dubbelklik op die afgelaaide lêer om dit oop te maak. Indien dit nie werk nie moet u 'n rekenaarkundige kry om u te help. U moet sagteware soos 7-zip of WinZip installeer om die .zip lêer oop te maak. Sommige Windows bedryfstelsels maak .zip lêers ook oop. Die vaardigheid hiervoor word veronderstel wanneer u aankoop. Kyk na die Gids 1.7 by Vaardighede.

    Die wagwoord om die vraestelle oop te maak word in 'n afsonderlike lêertjie ingesluit.


B.  Laai af vanaf die fakture op die webwinkel

  1. Gaan na die webwinkel en meld aan (log in).

  2. Kies "My Fakture" regs bo.

  3. Klik op "Soek".

  4. Klik op die nommer van die faktuur wat die item bevat wat u wil aflaai.

    Wenk: Die fakture is net beskikbaar nadat betaling gedoen is.

  5. Klik by die item op "Laai af". Dit neem u na 'n bladsy met die opskrif "LAAI AF".

    Faktuur met aflaaihake

  6. Regsklik nou op die produknaam (bv Gr05Geheelpakket.exe (8.5MB)) onder die opskrif "Aflaaihake" en kies "Save link as".

  7. Kies op die venster wat verskyn waar die lêer op die rekenaar se vaste skyf gebêre moet word.

  8. Kyk na punt 6 hierbo om verder te gaan.




Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  284 ongeregistreerde kliente, 1 geregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings