Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture".
Kies die faktuur wat u pas betaal het.
Wenk: Indien u nie self 'n Visakaart het nie, kan iemand anders namens u die betaling doen. Sorg net dat die ander persoon
die stappe hieronder baie noukeurig volg.
Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Betaalpunt" te klik.
Kies op die volgende skerm kredietkaart en Paypal en klik op "Volgende".
Die volgende skerm wys weer u trollie-inhoud. U moet heel onder op "Plaas bestelling" klink om die bestelling te finaliseer.
Dit
kan lank neem voordat die volgende skerm verskyn. Wag asb geduldig.
2Checkout wys nou totale bedrag wat u verskuldig is. Klik op "Change currency" en verander die eenheid na USD. Klik "Continue to Billing Information".
2Checkout wys u persoonlike besonderhede, voltooi die nodige besonderhede. Klik op "Continue Checkout" as u tevrede is.
By betaalmetode sal u dan Paypal kan kies. Klik "Continue to Paypal".
Indien u PayPal kies, kry u hierdie skerm. Klik "Log In".
Vul u Paypal besonderhede in en klik "Log In".
Ons help graag indien u vashaak. Meld net die nommer op hierdie bladsy waar u vashaak en verduidelik wat gebeur het. Normaalweg verloop alles seepglad.
Na 'n ruk (mag lank wees) word u teruggeneem van Kenweb se webwinkel en word u faktuur gewys. Klik sommer al hier op "Laai af" om u produk(te) af te laai as u wil.
Die faktuur met die aflaaihake word ook aan u ge-epos.
Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas betaal het.
Wenk: Indien u nie u faktuur ontvang nie mag u eposadres verkeerd wees. Meld aan en gaan na "Verander my besonderhede" om dit te kontroleer.