Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe voltooi en laat onderteken ek 'n sertifikaat

Hoe voltooi en laat onderteken ek 'n sertifikaat

Hoe voltooi en laat onderteken ek 'n sertifikaat.

Volg asb hierdie stappe noukeurig. 'n Bykomende koste mag nodig word indien u nie elke stap deeglik volg nie. U mag 'n rekenaarkundige nodig kry indien u nie self met .pdfs bekend is nie. Ons help graag indien u nie die aanwysings verstaan nie.

  1. Laai die pdf sertifikaat af soos u ander produkte aflaai. Die Gids "Hoe laai ek produkte af" verduidelik.

  2. Maak die sertifikaat oop met Adobe Reader wat reeds op u rekenaar behoort te wees. Anders kan 'n kundige u help om Adobe Reader van die internet af te laai en te installeer.

  3. Voltooi die sertifikaat met Adobe Reader. Gee die volgende inligting:

    1. Graad: Graad wat die leerder voltooi het met behulp van Kenweb se produkte. Kies een op die afrollys.

    2. Leerdername en van (volledig): Volle name en van van die leerder

    3. Leerder se prestasie
      1. Gr 4 - 9: Punteverslag: Gee op elke lyn 'n eksamenvak en die punt in die volgende kolom.

        Gr 7 tot 9 samestelling van punt: ingrif 1 = 12.5%, middeleksamen = 25%, ingrif 2 = 12.5% eindeksamen = 50%.

        Gr 4 tot 6 samestelling van punt: ingrif 1 = 15%, middeleksamen = 35%, ingrif 2 = 15% eindeksamen = 35%.

        Gee die vordering vir nie-eksamenvakke as "Voltooi".

      2. Gr 3: Leerareas: Voltooi deur op die afrollyste te kies en punte te gee waar nodig.

        Samestelling van punte: ingrif 1 = 15%, middeleksamen = 35%, ingrif 2 = 15% eindeksamen = 35%

      3. Gr 1 - 2: Leerareas: Voltooi deur op die afrollyste te kies.

    4. Kenweb pakket aangekoop: Die graad se pakket wat aangekoop is om die jaar te voltooi. Kies op die afrollys.

    5. Faktuurnommers: (NB - gee faktuurnommers vir ELKE item. Laat nie-toepaslike fakture uit. U fakture is ook op die webwerf beskikbaar. Meld net aan en kies Fakture. Gee net die nommers sodat hulle kan inpas in die spasie.)
      1. Gr 3 - 9: Faktuurnommers vir die aankoop van hierdie items vir die betrokke graad:
        • rekenaarpakket
        • net EIND-eksamenvraestelle
        • vir die aankoop van die sertifikaat self (nie tevore gebruik)

      2. Gr 1 - 2: Faktuurnommers vir die aankoop van hierdie items vir die betrokke graad:
        • rekenaarpakket
        • vir die aankoop van die sertifikaat self (nie tevore gebruik)

    6. Kliëntnaam: Kliëntnaam en van wat die pakkette aangekoop het. Nie die leerder se naam nie.

    7. Kliënt ID nommer: Kliënt se SA ID nommer, NIE die students s'n nie.

    8. Belangrik: U kan nie op hierdie stadium die sertifikaat onderteken nie. Dit gebeur later.


  4. Bêre die voltooide vorm met Adobe Reader as .pdf op u rekenaar waar u hom weer sal kry om hom aan te haak by 'n epos.

  5. Heg die voltooide sertifikaat aan 'n epos en stuur dit aan kenweb@kenweb.co.za. Gee die eposopskrif Sertifikaat leerdernaam en graad. Byvoorbeeld "Sertifikaat Jan Koen Gr 5". Stuur 'n afsonderlike epos vir elke sertifikaat.

    << Stuur die sertifikate nou vir Kenweb >>


    U sal dan die ondertekende, amptelike sertifikaat binne ongeveer 5 werksdae terug ontvang as alles volledig en korrek is.

  6. Druk dit uit en onderteken dit as ouer.

  7. Bewaar dit.
Belangrik: Maak asseblief seker dat u die sertifikaat na voltooiing veilig bêre en rugsteun. Kenweb hou nie rekord van sertifikate nie. Kenweb het natuurlik nie die volledige sertifikaat nie.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  123 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings