Ons ervaar dat Kenweb se stelsel baie goed werk vir spesiale leerders.
Dit mag strek van leerders wat nie genoeg uitdaging vind in gewone skoolwerk nie tot leerders wat om watter rede ookal nie gerieflik byhou in 'n gewone skool nie.
Belangrik: Vir ouers van spesiale leerders is dit noodsaaklik om die
Oueropleidingspakket aan te koop om optimum gebruik te maak van Kenweb se krag.
- Ons het baie kliënte met spesiale uitdagings wat Kenweb se stelsel met groot vrug gebruik.
- Kenweb se stelsel is goed gestruktureerd sodat die leerder rustig is oor wat gedoen moet word. (Vir voorbeelde gaan na ons webwinkel > boonste keuselys > Agtergrond > Voorbeelde)
- Die duidelike struktuur (doelwitvel) maak dit vir ouers maklik om te beoordeel watter werk reeds gedoen kan word. Onnodige dele kan net doodgetrek word of bykomende dele kan ingeskryf word.
- Omdat Kenweb se produkpryse so sterk gesubsidieer is, kan verskillende jare se pakkette aangekoop en na behoefte gemeng word.
- ‘n Rekenaar is besonder geduldig en tik is meestal makliker en vinniger as om te skryf.
- ‘n Rekenaar wys suksesse duidelik en dit werk motiverend.
- Ons Begeleierskursus vir ouers gee vir ouers van spesiale leerders die dieper insig wat nodig is om hulle kinders die grootste voordeel van die Kenwebstelsel se inherente krag te gee. Omdat die Kenwebwerkswyse vir die aanbieding van die kursus gebruik word, gee dit ook vir die ouer ‘n goeie begrip van hoe die kind die stelsel en rekenaarprogramme sal ervaar. Klik hier om die kursus te sien.