Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Pryse - hoe kry ons dit reg?

Pryse - hoe kry ons dit reg?


Hoe kry ons dit reg om sulke lae pryse te vra?

  1. Ons gesin subsidieer produkte uit geloofperspektief om gesinne in hierdie moeilike tye in ons land te help.

  2. Ons werk op 'n kontant basis.

  3. Kliënte hou die pryse laag deur hulle in te studeer in die webwinkel en die aankoop en implementering self te doen. 'n Trotse 99% kom self volledig reg met die Gids, hulpbladsye op die webwinkel en aanwysings by produkte.

  4. In die produkte se sterk gesubsidieerde pryse is daar nie 'n heffing ingesluit om persoonlike diens (telefoon en epos) te lewer nie. Persone wat bykomende diens nodig het, betaal afsonderlik daarvoor.

  5. Die webwinkel het uitgebreide stap-vir-stap-hulp met prentjies wat maklik is om te volg. Dié bladsye word deurlopend aangepas aan die hand van navrae wat nog ontvang word. Baie min personeelure word dus daarvoor gebruik.

  6. Omdat die produkte reeds lank in gebruik is en beproef is, kan produksiekoste laag gehou word.

Hoe sal pryse in die toekoms lyk? Ons sal uiteraard moet aanpas vir inflasie en veranderende wisselkoerse maar in wese wil ons pryse dieselfde hou.



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  974 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings