Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe werk eksamens?

Hoe werk eksamens?

Hoe werk Kenwebeksamens?

  1. Eksamenvraestelle kan enige tyd van die jaar op ons webwinkel aangekoop, afgelaai en gebruik word. 

    Gaan na Produkte, kies die graad en skuif af na die eksamens. Kies dan Middeleksamen of Eindeksamen na gelang van waar u trek met die jaar se werk.

  2. Wie skryf eksamens? Gr 3 tot 9 skryf eksamens. Gr 1 en 2 word deurlopend geassesseer.

  3. Watter inhoud dek die eksamenvraestelle? Vraestelle dek die handboek(e) wat vir die vak verkoop word. Die vakgids vir die vak gee watter gedeelte van die handboek elke eksamen dek.

  4. Soorte eksamens?

    • Ingrif is 'n eksamen wat met die Kenwebrekenaarpakket gedoen word en bestaan uit die gewone vrae wat die leerder gebruik om te bewys dat werk bemeester is. Die stelle vrae wat in 'n toets ingesluit moet word, word in die doelwitvel genoem. Vir hulp oor hoe om die toets in die rekenaarprogram te skryf, gaan in die rekenaarprogram na Hulp > Hulpteks > Laai toets.

      Ingrif word gedoen nadat 3 maande en 9 maande se werk gedoen is. Die vakgids dui aan wanneer.

      Wenk: Leerders se prestasie met ingrif is gewoonlik omtrent 30% beter as wat in skriftelike eksamens behaal word.

    • *Middel-eksamen handel oor die helfte van die jaar se werk. Dit is tot week 15.

    • *Eind-eksamen handel by die junior grade oor die tweede helfte van die jaar se werk. Dit is week 16 tot 30. By die senior grade (gewoonlik gr 7 en op) handel dit oor die hele jaar se werk. Die vakgids gee besonderhede.
      ____________
      * Hierdie eksamens moet aangekoop en self uitgedruk word.

  5. Wanneer moet die eksamens geskryf word? Die doelwitvel in die vakgids dui aan wanneer eksamens geskryf word. Dus hang dit af wanneer die student met die jaar se werk begin het.

    Soos bo verduidelik word vier eksamens gedoen:

    •   Einde van week 8: Ingrif
    •   Einde van week 15: Middeleksamen
    •   Einde van week 22: Ingrif
    •   Einde van week 30: Eindeksamen

    Ouers stel self 'n eksamenrooster op.

  6. Die verskillende kleure vraestelle in die webwinkel is net om ‘n keuse te gee. Hulle dek dieselfde werk en is op dieselfde standaard. U kan bv 'n ander kleur koop om mee te oefen. Of u kan 'n ander kleur vir 'n volgende kind gebruik.

  7. U ontvang naas die vraestel 'n memorandum waarmee self gemerk word en wagwoord.doc-lêer waarin die wagwoorde vir die vraestel is.

  8. Die eksamenvraestelle word in .zip en .doc formaat verskaf. U moet eers die .zip lêer oopmaak/uitpak voordat u die .doc lêers sal sien. Stappe:

    1. Maak die .ziplêer oop of pak dit uit indien nodig.
    2. Kry die wagwoord in die wagwoordlêer.
    3. Maak die vraestel/memorandum met die wagwoord oop.

    (Indien u windows nie die ziplêer self oopmaak as u daarop dubbelklik nie, moet u self die vaardigheid en programme hê/kry om dit oop te maak. Enige rekenaarkundige kan u met die uitpak help want dis 'n algemeen gebruikte metode om lêers kleiner te maak om oor die internet aan te stuur. Die internet het ook baie inligting daaroor. Google "how to unzip file".)

  9. Gemerkte eksamen antwoordstelle en punte word NIE na Kenweb gestuur nie. U hou dit vir die eindrapport of -verslag. Hou die gemerkte antwoordstelle en afgetekende doelwitvelle as bewys van die standaard van u werk.

  10. Omdat Kenweb 'n hoë standaard stel, gebruik ons graag 50% as 'n slaagpunt. Maar u sou ook kan motiveer dat die heersende staatsvereistes vir slaag in u tuisonderwys gebruik kan word. Skole sal daardie inligting hê.

  11. Rapporte en sertifikate word afsonderlik bespreek. Kyk hier.

Vir 'n breër insig kyk na Hoe werk Kenweb se produkte.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  421 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings