Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe betaal ek met 'n VISA en MASTER kaart? (2checkout)

Hoe betaal ek met 'n VISA en MASTER kaart? (2checkout)


Hoe betaal ek met 'n Visa of MASTER kaart? (2checkout)

Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas zbetaal het.

Belangrik: Merk asseblief dat alle betalings op die webwerf in Amerikaanse Dollar (USD) afgetrek sal word deur Paypal.

Wenk: Indien u nie self 'n Visakaart het nie, kan iemand anders namens u die betaling doen. Sorg net dat die ander persoon die stappe hieronder baie noukeurig volg.

Wenk: Indien u probleme ervaar met u betaling probeer alternatiewe webleser.
  1. Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Betaalpunt" te klik.

  2. Kies op die volgende skerm Krediet-, Debietkaart en Paypal en klik op "Volgende".

















  3. Die volgende skerm wys weer u trollie-inhoud. U moet heel onder op "Plaas bestelling" klink om die bestelling te finaliseer.



    Dit kan lank neem voordat die volgende skerm verskyn. Wag asb geduldig.

  4. 2Checkout wys nou totale bedrag wat u verskuldig is. Klik op "Continue to Billing Information".





  5. 2Checkout wys u persoonlike besonderhede. Klik op "Payment Method" as u tevrede is.



  6. Klik op "Continue to Paypal".




  7. Klik op "Pay with Bank account or Credit card".



  8. Vul 'n epos adres in en klik op "Continue to Payment".



  9. Vul u kaart besonderhede in, by Save info & create Paypal account skakel die skakelaar af en klik "Continue as Guest".





  10. 2Checkout mag nou vir dubbelkontrole vra soos hierdie Verified by Visa. Voltooi en klik op "Submit". Die Visa wagwoord kan u by u bank kry. Na Submit mag daar heelwat tyd verloop terwyl die kontroles gedoen word.




  11. Na 'n ruk (mag lank wees) word u teruggeneem van Kenweb se webwinkel en word u faktuur gewys. Klik sommer al hier op "Laai af" om u produk(te) af te laai as u wil.



  12. Die faktuur met die aflaaihake word ook aan u ge-epos.

    Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas betaal het.

    Wenk: Indien u nie u faktuur ontvang nie mag u eposadres verkeerd wees. Meld aan en gaan na "Verander my besonderhede" om dit te kontroleer.



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  189 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings