Hoe betaal ek met 'n Visa of MASTER kaart? (2checkout)
Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas betaal het.
Belangrik: Merk asseblief dat alle betalings op die webwerf in Amerikaanse Dollar (USD) afgetrek sal word deur Paypal.
Wenk: Indien u nie self 'n Visakaart het nie, kan iemand anders namens u die betaling doen. Sorg net dat die ander persoon die stappe hieronder baie noukeurig volg.
Wenk: Indien u probleme ervaar met u betaling probeer alternatiewe webleser.
- Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Betaalpunt" te klik.
-
Kies op die volgende skerm Krediet-, Debietkaart en Paypal en klik op "Volgende".
- Die volgende skerm wys weer u trollie-inhoud. U moet heel onder op "Plaas bestelling" klink om die bestelling te finaliseer.

-
Dit
kan lank neem voordat die volgende skerm verskyn. Wag asb geduldig.
2Checkout wys nou totale bedrag wat u verskuldig is. Klik op "Continue to Billing Information".
- 2 Checkout wys u persoonlike besonderhede. Klik op "Continue Checkout" as u tevrede is.

- 2 Checkout wys nou die kaarte wat u kan gebruik. Klik op die "Credit Card" radio knoppie. Net kredietkaarte word aanvaar, nie debietkaarte nie.

- 2Checkout vra nou die u kaartinligting. Voltooi en klik op "Submit Payment".

- 2Checkout mag nou vir dubbelkontrole vra soos hierdie Verified by Visa. Voltooi en klik op "Submit". Die Visa wagwoord kan u by u bank kry. Na Submit mag daar heelwat tyd verloop terwyl die kontroles gedoen word.

- Na 'n ruk (mag lank wees) word u teruggeneem van Kenweb se webwinkel en word u faktuur gewys. Klik sommer al hier op "Laai af" om u produk(te) af te laai as u wil.

- Die faktuur met die aflaaihake word ook aan u ge-epos.
Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas betaal het.
Wenk: Indien u nie u faktuur ontvang nie mag u eposadres verkeerd wees. Meld aan en gaan na "Verander my besonderhede" om dit te kontroleer.