Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » SA Hofsaak oor kurrikulum

SA Hofsaak oor kurrikulum


Hof bevestig : Nasionale kurrikulum bind nie private onderwys nie

Verklaring deur die Pestalozzi Trust
25 Maart 2011

Regter Cynthia Pretorius het vandag in die Pretoriase Hooggeregshof verklaar dat die nasionale kurrikulum nie bindend is op onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie. Die regter het 'n aansoek deur tuisskolers en private skole, om die kurrikulum nie-bindend te verklaar, verwerp. Sy het beslis dat 'n uitspraak van die Grondwetlike Hof in 2001 die aansoek oorbodig maak.

Mnr. Bouwe van der Eems van die Pestalozzi Trust, 'n regsfonds vir burgerlike en tuisonderwys het nogtans die uitspraak verwelkom omdat dit bevestig dat private onderwysinstellings eise om volgens die staatskurrikulum te onderrig, rustig kan ignoreer. Hy verklaar dat dit rustigheid sal bring by duisende ouers en private onderwysinstellings wat hulle gedurig moet verset teen onregmatige eise en druk van onderwysamptenare dat hulle kinders ooreenkomstig die nasionale kurrikulum moet onderrig. Hy wys daarop dat tienduisende tuisskoolouers en duisende private skole tot dusver geweier het om by die owerheid te registreer weens onregmatige eise soos dat hulle aan die nasionale kurrikulum moet voldoen as voorwaarde vir registrasie. Van der Eems meen dat hierdie ouers en skole deur hierdie uitspraak gelyk gegee word. Hy meld dat vele ouers en skole ook tevore geswig het onder intimidasie deur onderwysamptenare om aan sulke onregmatige eise te voldoen. Hy verwag dat meer van hulle nou sal opstaan vir die internasionaalerkende reg van kinders om onderwys te ontvang wat verskil van die onderwys wat die staat aanbied.

Die Pestalozzi Trust betreur dit dat die saak so lank geduur het en kry die indruk dat die minister die minister hand en tand geveg het om die saak uit die hof te hou terwyl sy en amptenare op alle vlakke volgehou het om die kurrikulum op private onderwys af te dwing. Die Trust doen 'n beroep op onderwysowerhede om in die toekoms beter met belanghebbendes te kommunikeer en konsulteer oor die maatreëls wat hulle op private onderwys probeer afdwing.

Vir verdere inligting: Leendert van Oostrum 012 330 1337

(Hierdie is besonder betekenisvol vir Kenweb met sy geliefde inhoudryke leergange uit die bedeling voor K2005 - Andre)


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  286 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings