Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Unieke voorsprong

Unieke voorsprong





Hoekom bly Kenweb se hulpmiddels so gewild? Hier gee ons 'n lys redes.

Studente

  1. Studente raak selfgedrewe. In ons moeilike węreldomstandighede en die kennisontploffing is inisiatief neem 'n belangrike stuk gereedskap.

  2. Onder meer leer Kenweb studente die volgende houdings en vaardighede aan. Onthou kennis verouder maar houdings, vaardighede en ervarings behou hulle volle krag.

    • Kan aanhoudend werk.
    • Lief vir leer.
    • Tegnologievaardig.
    • Beplan effektief.
    • Kan inisiatief neem.
    • Ondernemerskap.
    • Bestuur effektief.
    • Kan aandag toespits en doelgerig werk.
    • Ontwikkel 'n aanvoeling vir wanbalanse en moontlike probleme.
    • Selfdissipline
    • Kan toereikend voel.

  3. Vinnige terugvoer is kos vir kampioene! Kenweb se kampioene kry deurlopend terugvoer uit die stelsel dmv ons rekenaarprogramme, spontane verslae en begeleier betrokkenheid.

  4. Kenweb het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van ervarings. Ervaring het in moderne onderwys nuwe betekenis gekry. Kennis, houdings en vaardighede het meestal ervarings as fondamente nodig. Die Kenwebwerkplek gee studente heelwat broodnodige ervarings. Die Oueropleiding bou daarop uit.

  5. Jongmense se dryfveer is om effektiewe volwassenes te word. Die Kenwebstelsel boots die werkomgewing na. Daarom ervaar studente soveel bevrediging.

  6. Kenweb se rekenaarprogram kan selfs gebruik word om leesspoed te verbeter.

Ouers

  1. Alhoewel 'n begeleier voltyds teenwoordig moet wees, spaar die Kenwebhulpbronne ouers en onderwysers baie tyd omdat die studente 'n groot deel van die werk selfstandig bemeester. Begeleiers het dus nie nodig om deur die nag lesse voor te berei nie. :) Graad 1 tot 3 vereis meer betrokkenheid.

  2. Handboeke, vakgidse en doelwitvelle maak dit vir begeleiers maklik om te weet wat studente moet doen. Daarom kan inhoude ook maklik aangepas en heringedeel word.

  3. Omdat studente elkeen volgens eie pas werk, werk hulle baie effektief. Daarmee maak die stelsel ook voorsiening vir begaafde en stadiger studente. Ouers kan selfs 'n jaar se werk uit verskillende grade saamstel. Ons ontvang ook positiewe terugvoer van gestremde studente wat baie baat.

  4. Kenweb se Oueropleiding lei ouers in die verborge krag van Kenweb in wat betref eie kennis, vaardighede en ervarings.


Nota: Dis wyd bekend dat studente wat die Kenwebstelsel gebruik het en dan gr 10, 11 en 12 deur gewone skole/leerplanverskaffers doen besonder goed presteer. Waarskynlik is dit die resultaat van al die aspekte hierbo genoem. Net uit Kenweb se eie skool is daar talle voorbeelde van sulke studente wat meer as 5 onderskeidings behaal het.

 

 

Volgende:
Verduideliking van hoe ons produkte werk.




Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  1027 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings