Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe installeer ek 'n program?

Hoe installeer ek 'n program?









Wanneer u die rekenaarprogram klaar afgelaai en gebêre het kan u die volgende stappe volg om dit te installeer.

Installeer 'n Kenweb rekenaarprogram

  1. BELANGRIK:  Maak doodseker dat u die rekenaarpakket op die regte rekenaar installeer. Om dit op 'n tweede rekenaar te installeer sal u nog 'n rekenaarpakket moet aankoop.

  2. Gaan na die gids toe waarin u die programlêer gebêre het. In Chrome en Firefox kan u net Ctrl-j druk om die afgelaaide items te sien.

  3. Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.zip om dit oop te maak. U rekenaar mag programme op hê wat die inhoud van die .zip lêer uitpak. Dis ook goed. U mag daarvoor 'n rekenaarkundige nodig kry. (7-zip is 'n gratis program wat ook gebruik kan word.)

  4. Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.exe.

    Indien u 'n boodskap kry soos "The publisher of Gr05Geheelpakket couldn't be verified", kan u voortgaan.

    Kry u die fout: Lêer beskadig of nie die regte formaat nie? 

    Klik hier vir hulp.

  5. 'n Installasieskerm sal verskyn en vra of u wil voortgaan met die installasie. Klik op 'Ja'.


  6. Die Standaard Gebruiksvoorwaardes sal nou verskyn. U kan nou daardeur lees en as u tevrede is daarmee op 'Ja, ek aanvaar' klik.



  7. 'n Derde skerm sal vra waar u op u rekenaar die program moet installeer. Klik op 'Gaan voort' sonder om te verander.

    Belangrik: Kenwebprogramme moet in die verstekgids op C: geinstalleer word. Indien die riglyn nie gevolg word nie verbeur die koper ondersteuning om die produk aan die werk te kry.


  8. (VINNIGE VINGERS mag 'n fout gee wanneer u dit op Windows 7 installeer.  Volg dan die stappe hier. Die foutbeskrywing is: "Run-time error '76': Path not found ...")

  9. 'n Volgende skerm met 'Die installasie is suksesvol voltooi' sal wys. Klik op 'OK'.




  10. Nou kan u die program aktiveer. Klik hier om na "Hoe aktiveer ek 'n program" te gaan.

  11. U het 14 dae om die program te aktiveer. Ons beveel aan dat u dit so gou moontlik doen sodat u gebruik van die program nie onderbreek word nie. Totdat die program geaktiveer is, kan u op die skermpie wat aandui hoeveel dae oor is, op "Gaan voort" klik om te kan werk.








Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  291 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings