Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Voorbeeld vakgids

Voorbeeld vakgids


(Verkorte voorbeeld)

Vakgidse word in .doc formaat verskaf. Die oorsit na die .html hieronder is ietwat problematies. :(



AFRIKAANS

GRAAD 6

VAKGIDS


 

NAAM:__________________________________________________



INHOUD


Algemene Werkswyse  2

Inligting oor hierdie vak   4

Doelwitvel  5

Aanhangsel  12
Gedigte wat nie in die
handboek is nie  17

 

Belangrik

Selfwerkonderwys beteken nie dat die kind afgesonderd en op sy eie behoort te werk nie. Dit beteken eerder dat die kind leer om stelselmatig meer verantwoordelikheid te neem vir sy studies. Die onderwyser/ ouer speel 'n belangrike rol om die kind te motiveer, rekenaar-werk af te teken, dele van die werk wat die kind nie verstaan nie aan hom te verduidelik, raamwerke te toets en daarmee saam insig te bewerkstellig. Onderwysers/ouers moet ook ccdie praktiese aspekte van vakke met die kinders doen. Onderwysers/ouers is belangrike rolmodelle wat die houding van kinders teenoor studie bepaal.

Wenk

Die aspekte in dié vakgids is voldoende om effektiewe opvoeding mee te doen. Ouers wat egter hulle kinders wil toerus met besondere lewensvaardighede vir die groot uitdagings in ‘n tyd van kennisontploffing, kan ‘n Begeleierskursus van Kenweb aankoop. Bewese vaardighede wat kinders kan ontwikkel, is ‘n vermoë om inisiatief te neem, om doeltreffend te beplan, om projekte te bestuur, om tuis te wees met nuwe tegnologie, en so meer.

Belangrik

Die rekenaarprogramme kontroleer of u kind oor ‘n goeie kennis van los feite beskik. Dié kennis moet egter aangevul word met behoorlike en intensiewe studie vir toetse en eksamens.


ALGEMENE WERKSWYSE


Dankie dat u Kenweb se produkte gebruik. Ons ontvang graag u kommentaar.

In hierdie gedeelte wil ons u toon hoe maklik dit is om met Kenweb se verpakte onderwys u kind ‘n kwaliteit opvoeding te gee.


Hierdie vakgids gee leiding oor hoe die vak hanteer kan word. Dit dui in weekverband aan watter werk gedoen moet word en help om op ‘n praktiese manier ook meer ongedefinieerde dele van die werk, soos verryking, aan te spreek. Omdat meeste van hierdie inligting dieselfde is vir verskillende vakke, word unieke inligting vir die spesifieke vak, wat u definitief elke keer behoort te lees, apart onderaan gegee.


Die doelwitvelbeskryf al die werk wat gedurende die jaar gedoen moet word. Die werk word in 30 werksweke ingedeel. Aspekte soos handboekstudie, rekenaarvrae, video’s, werkstukke, praktiese werk, rekenaartoetse en eksamens word in besonderhede aangedui. By die rekenaarvrae word ‘n standaard voorgestel. Die doelwitvel dui dus aan watter werk elke week afgehandel behoort te word.


Daar word ook voorsiening gemaak vir twee weke ingrif in Maart en September en vir 'n week hersiening en twee weke eksamen in Junie en Desember. Dit bring die totale aantal skoolweke op 40 te staan.


Die onderrigmateriaal kan in verskillende omstandighede gebruik word.

· Tuisonderrig: Gebruik al die aspekte indien moontlik.

· Ondersteuning van skoolonderrig in ‘n vak: U kan oorweeg om net handboekstudie en die rekenaarkontrole wat daarmee saamgaan, te gebruik omdat dit minder tyd neem en u kind dit grootliks selfstandig kan hanteer. U kan natuurlik ook net gedeeltes uitsonder waaraan u kind moet aandag gee.

· As bykomende vak vir ‘n kind wat skoolonderrig in ander vakke ontvang: Gebruik soveel van die aspekte as moontlik. U kind moet los feite sowel as insig bemeester.

· Onderwysers wat bykomende klasse aanbied: Gebruik handboekstudie en rekenaarkontrole wat daarmee saamgaan om kinders in verskillende grade en vakke gelyk te kan hanteer. Gebruik ander aspekte volgens u oordeel.


VIR DIE PROGRAMGEBRUIKER


Op die doelwitvel word verskillende sleutelwoorde gebruik. As jy weet wat elkeen beteken, kan jy die werk maklik baasraak.


Raamwerk ken: 'n Raamwerk bestaan uit die opskrifte van 'n hoofstuk. Die raamwerke is agterin hierdie vakgids. Leer jou raamwerk so uit jou kop uit:

· Blaai eers deur die hoofstuk in jou handboek. Kyk na die prentjies, foto’s en opskrifte. Kry ‘n oorsig oor die hoofstuk waarmee jy nou begin en vergelyk dit met die raamwerk wat jy moet leer.

· Leer die raamwerk van die hoofstuk uit jou kop uit. Hierdie stap is baie belangrik want dit help jou om al die feite wat jy gaan leer, bymekaar te kan inpas.

· Om jou te help onthou, kan jy die opskrifte merk met verskillende kleure. Prentjies wat jy met ‘n betrokke feit assosieer, kan ook by elke opskrif geteken word.


Wenk

Maak seker dat die kind nie 'n woordjagter word nie. Dit beteken dat die kind bloot die woorde probeer onthou om die werk klaar te kry, eerder as om diepgaande kennis en begrip te verwerf. Die regte houding teenoor studie is hier die bepalende faktor.

Wenk

Video’s kan van die Sentrum vir Onderwystegnologie en Afstandonderwys, Privaatsak X239, Pretoria, 0001. Tel:(012) 322 7685 bestel word nadat u teen ‘n geringe bedrag lede geword het. Die katalogusnommer word op die doelwitvel langs die videonaam gegee. Indien die diens probleme gee, kan u sonder video's werk.

Wenk

Onderwysers/ouers se entoesiasme en belangstelling is by Breindraf onontbeerlik. Bevorder die kind se eie oordeelsvermoë sover moontlik. Laat hom bv. self 'n punt vir die werk gee en motiveer, voordat u dit doen en afteken.

Wenk

Verrykende werk, aangedui met », is spontane werk. Die klem moet nie val op kontrole nie maar op die ontdekkings wat die kind self maak.

Geniet dit saam!


· Gaan sê die raamwerk vir jou onderwyser of ouer op. Dit word afgeteken wanneer jy dit vlot ken.


bl: Die bladsye wat jy moet leer. As daar bv "bl 12-15" op jou doelwitvel staan, beteken dit jy moet alles van bladsy 12 tot bladsy 15 leer totdat jy dit ken. Hoe beter jy die bladsye ken, hoe lekkerder sal jy verder werk.


O__ T__ S__:Hierdie afkortings volg op 'n nommer van 'n rekenaarprogram. Bv.01:01O__ T__ S__. In die voorbeeld is die "01:01" die nommer van die stel vrae wat jy op die rekenaar moet doen. (Die nommer sal op die rekenaar verskyn as jy die regte vak kies onder "Kies 'n tema" en die regte nommer kies onder "vraestelle vir die tema".)


Die afkortings beteken:


O Oop boek: "Oop boek" beteken jy mag die antwoorde van die rekenaarvrae in jou handboek soek. Hou jou raamwerk langs jou oop dat jy kan raaksien hoe die feite by die geheel inpas. Doen al die vrae totdat die uitslagraampie verskyn. Om jou te help, verskyn die bladsynommer links op die skerm. Die rekenaar gee ook vir jou die antwoord as jy dit die derde keer nog nie regkry nie. Maak baie seker dat hoofletters, leestekens en veral spasies net soos die rekenaar se antwoord is. Wanneer jy 80% of meer kry, moet jy die volgende doen: Laat die uitslagraampie net so op die rekenaarskerm. Skryf jou persentasie op die lyntjie na die “O” en laat jou onderwyser of ouer dit afteken. As jy toestemming het, mag jy self afteken. (Sorg vooraf dat “Skommel” op die Moontlikhede-raampie nie gemerk is nie en dat "Flitstyd" skoon of "0" is.)


T Toe boek: "Toe boek" beteken jy mag nie meer die antwoorde in jou handboek naslaan nie. Doen al die vrae totdat die uitslagraampie verskyn. Hou weer eens jou raamwerk langs jou en kyk gereeld daarop waar die vrae waarmee jy besig is, inpas. Doen die stel vrae soveel keer as wat jy nodig het, totdat jy 80% of meer kry. Jy mag vooraf die werk in jou handboek leer, maar by die rekenaar moet jou boek toe wees. Skryf die keer jou persentasie langs die “T” en laat afteken. (Sorg weer vooraf dat “Skommel” op die Moontlikhede-raampie nie gemerk is nie en dat "Flitstyd" skoon of "0" is.)

S Skommel die vrae:Kies nou “Skommel” op die moontlikhede-raampie. Die vrae se volgorde sal nou anders wees as in die handboek.Doen weer die vrae sonder die handboek totdat jy 80% of meer kry, skryf dit in langs die "S" en laat afteken. Hou nog jou raamwerk naby en kyk waar elke vraag inpas. Die geskommelde vrae help jou om die feite regtig te onthou.Dit help niks om net die antwoorde op die vrae te ken nie, jy moet begryp wat jy leer, anders kom dit jou later duur te staan.



Video: Indien video's nog bekom kan word:Kyk na die video en som dit skriftelik op. Gee die opsomming aan jou onderwyser of ouer om deur te lees en jou vrae daaroor te vra. As jou kennis en begrip goed genoeg is, word dit afgeteken. Geen eksamenvrae word oor video's gestel nie.


Breindraf:Dié afdeling bevorder insig, help jou om wyer as net die handboek te kyk of om dit wat jy geleer het, prakties toe te pas. Doen die aangetoonde vraag of taak in die vakgids en merk jou antwoord deur dit weer met die werk in die handboek te vergelyk. Geen antwoorde word vir hierdie vrae verskaf nie omdat dit uit die handboek afgelei kan word. As die onderwerp jou boei kan jy gerus meer doen as wat gevra word! As jy dit afgehandel het, laat jy jou onderwyser/ouer dit afteken.


Belangrik

Wanneer die kind sy ken hoofstuk by u kom doen, is dit die geleentheid om seker te maak dat die kind insig in die werk het. Dit word gedoen deur vrae te vra en die verbande tussen die hoofstukke of dele uit te wys. Hierdie aktiwiteit is ook belangrik vir die beantwoording van langer vrae in die eksamen.

Belangrik

Omdat die rekenaar net los feite kan toets, is die resultate van kinders se rekenaartoetse en ingrif ongeveer 20% beter as wat hulle in skriftelike vraestelle kry.

Wenk

Mettertyd sal handige vakinligting op Kenweb se webwerf beskikbaar raak. Kyk gerus by www.kenweb.co.za


»:Dié simbool staan vir verrykende werk en dui take aan wat bykomende vaardighede vaslê as jy graag meer wil weet en ook as jy goeie punte wil behaal.


Rekenaartoets: Leer die werk waaroor die toets gaan handel. Merk al die stelle vrae soos op die doelwitvel aangedui en kies “LAAI TOETS” op die skerm. Die aantal vrae waaruit die toets moet bestaan, word ook op die doelwitvel aangedui. Tik die getal in waar die rekenaar daarvoor vra. Vrae wat betrekking het op sketse of werk waarvoor die handboek benodig word, sal outomaties uitgelaat word.


Ken hoofstuk: Leer die hoofstuk weer (indien nodig) en gaan na die onderwyser of ouer. Vertel hom/haar waaroor die hoofstuk handel.


Ingrif: In Maart en September word die leerstof wat die voorgaande aantal weke bestudeer is, getoets met behulp van 'n omvattende rekenaartoets. Die stelle vrae waaroor die toets handel en die aantal vrae waaruit die toets moet bestaan, word op die doelwitvel aangedui.


EKSAMEN: Twee skriftelike eksamens kan afgelê word: In die middel van die jaar oor die werk gedek van week 1 tot week 15 en aan die einde van die jaar oor die werk afgehandel van week 16 tot week 30.

· Vraestelle kan van Kenweb aangekoop en deur Kenwebpersoneel gemerk word.

· Andersins kan vraestelle en memorandums van Kenweb aangekoop word en ouers of onderwysers merk dit dan self.

· Eksamens kan per reëling ook in Orania afgelê en gemerk word.


INLIGTING OOR HIERDIE VAK


HANDBOEK: Van Niekerk,Steyn, Herman,Vosloo: Afrikaans vir Vandag Standerd 4, Eerste uitgawe, Sesde druk. Juta, 1995


Leesboeke

Die voorgevoel deur Rensché Strijdom-Meij
Lug Erna Williams

Om eendag te vlieg deur Franci Greyling
Elektrisiteit – niks skokkend daaraan nie deur LM Vermeulen
Die geheim van die blou motor deur Beatrix de Villiers
Wittes deur Rensché Strijdom-Meij
Magnetisme deur Erna Williams
Van skaatsborde en ‘n inbraak deur Mart Meij
Drie snaakse vakansiegangers deur Beatrix de Villiers
Hoed vol vere deur Rensché Strijdom-Meij


Daar is vir elke week ‘n stelwerkopdrag; mondeling en skriftelik word afgewissel. Soms verwys opdragte na iets in die leesboeke of iets uit die kind se ervaringswêreld, maar soms word iets ingesluit na aanleiding waarvan die opdrag uitgevoer moet word. Sulke gevalle sal duidelik aangedui word by die week se opdragte. Al die stof waarna so verwys word, word bymekaar aangeheg aan die einde van die vakgids.


Mondelinge opdragte moet voor ‘n ouer / onderwyser uitgevoer word.



Doelwitvel

1.Sirkustyd


Week 1

Lees die stuk op bladsy 1-3.

Begrip bl 3 Rekenaarvraestel 01:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 6-8 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui, goed

Rekenaarvraestel 01:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 01:03  O_______T_______S_______

Spelling bl 8 Rekenaarvraestel01:04  O_______T_______S_______


Lees Die voorgevoel, R. Strijdom-Meij. Hoofstuk 1 – 2________
Stelwerk “As ek eendag my kinders met vakansie neem…”
Beskryf in vier paragrawe wat jou kinders eendag te wagte kan wees.________


Week 2

Rekenaarvraestel 01:05  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 01:06  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 01:07  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 10 Kontroleer jou antwoorde op 6.2 met die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 01:08  O_______T_______S_______


Lees Die voorgevoel, R. Strijdom-Meij. Hoofstuk 3 – 5________


Stelwerk Jy het die vakansie ‘n noue ontkoming gehad.Jou oom het ‘n Voortrekkerspan
wat nou in graad 4 is.Hy het jou gevra om ‘n praatjie te kom hou daaroor, waarin jy
die outjies waarsku teen vreemdelinge wat praatjies aanknoop._______


2. Die Boer en die Weer


Week 3

Lees die stuk op bladsy 11-12.

Begrip bl 13 Rekenaarvraestel 02:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 14-17 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 02:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 02:03  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 02:04  O_______T_______S_______


Stelwerk Die koerant vra jou altyd om nuwe boeke te bespreek in hulle Boekebylaag.
Hulle bied volgende week ‘n boeke-aand aan, en het jou gevra om die laaste boek wat jy gelees het vir die geleentheid te resenseer.Hierdie is dus ‘n praatjie.________
(Gaan kyk in die koerante vir voorbeelde van resensies.Onthou, n resensie is nie ‘n
opsomming van die boek nie.Daarin word gestel watter soort boek dit is (bv kinderboek
jeugboek,) en hoe goed die boek slaag in sy doel.Om dit te illustreer, kan uit die boek
aangehaal word.Die resensent spreek aan die einde sy/haar mening oor die boek uit.)


Week 4

Rekenaarvraestel 02:05  O_______T_______S_______


Spelling bl 18 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 02:06  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 02:07  O_______T_______S_______


Lees Lug, E Williams, bl 1 – 32_______


Stelwerk Jy en ‘n maat het afgespreek om mekaar by die kafee te ontmoet.Ongelukkig het jou ouma op jou skaatsplank getrap, wat jy in die gang laat lê het, en julle moes haar dokter toe neem.Op pad dokter toe, stop julle gou by die kafee, dat jy ‘n nota vir jou maat kan los, om te sê jy kan nie die afspraak nakom nie.Skryf die nota hier neer.Die kafeebaas vra jou uit oor die hele petalje.Deel nou in groepies van twee, sodat julle ook hierdie gesprek kan dramatiseer.________


Week 5

Naslaanbl 18-20 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 02:08  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 02:09  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 20 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 02:10  O_______O_______OS______


Lees Lug, E Williams, bl 33 – 59 ________


Stelwerk Die Durbanse Diepseeduikklub bied gedurende die Aprilvakansie ‘n kursus aan vir beginners.Jy wil graag inskryf, maar die sluitingsdatum is môre.Stuur ‘n faks aan Die Kursusorganiseerder,en vra ‘n inskrywingsvorm.Maak seker hulle besef dat jy haastig is om dit weer terug te stuur.________


3. Strepe is ‘n Held


Week 6

Lees die stuk op bladsy 21-22.

Begrip bl 23 Rekenaarvraestel 03:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 14-17 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 03:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:03  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:04  O_______T_______S_______


Stelwerk Jou nefie woon in Australië, en julle skryf gereeld vir mekaar.In sy vorige brief het hy gevra of jy nie aan die einde van die jaar die vakansie by hulle in Perth wil kom deurbring nie. Skryf neer jou antwoord op daardie brief neer.________


Week 7

Rekenaarvraestel 03:05  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:06  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:07  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:08  O_______T_______S_______


Naslaanbl 31Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 03:09 O_______T_______S_______


Lees Om eendag te vlieg, F Greyling Hoofstuk 1 – 2________

Stelwerk Jy besit ‘n besigheid wat klaskamerbenodigdhede soos kramketties en “pea shooters” bemark. Stel ‘n brosjure saam oor al julle produkte.Kyk tussen die gemorspos watjulle gereeld kry, hoe ‘n brosjure lyk. Gebruik ook jou verbeelding om nog produkte by die lys te voeg. Maak ook jou eie radio-advertensie wat volgende week opgeneem word. Hou dit voor aan jou klasmaats.________


Week 8

Rekenaarvraestel 03:10  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 32-33 Vul die blokkiesraaisel in en kontroleer of verkry die regte antwoorde

Rekenaarvraestel 03:11  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 33 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 03:12  O_______O_______OS______


bl 34-36 Rekenaarvraestel 03:13  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:14  O_______T_______S_______


Lees Om eendag te vlieg, F Greyling Hoofstuk 3 – 4________


Stelwerk Een van die kortverhale wat jy gelees het, het jou besonder getref, en laat dink aan jou eie lewe. Skryf in vier goeie paragrawe op watter manier dit jou geraak het.________

____________________________________________________________________________________

Ingrif: Rekenaarvraestelle 01:01 – 03:14(35 Vrae)
____________________________________________________________________________________

Week 9

Rekenaarvraestel 03:15  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:16  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:17  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 03:18  O_______T_______S_______


Stelwerk Jy het besluit om geld bymekaar te maak, om Desember Australië toe te gaan. Vir díe doel verkoop jy elke Vrydag worsbroodjies by die skool. Maak ‘n plakkaat om jou gereelde verkope bekend te stel.________


Week 10

Hersieningstoets 1

Lees die stuk op bladsy 37-38.

Begrip bl 38 Rekenaarvraestel 04:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 40-46 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 04:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 04:03  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 04:04  O_______T_______S_______


Lees Elektrisiteit- niks skokkend daaraan nie, LM VermeulenHoofstuk 1 – 3_______


Stelwerk Laat iemand die aanhangsel agterin die vakgids hardop lees.Is die grappies vir jou snaaks? Hoekom of hoekom nie?Bespreek dit onderling.________

Week 11

Rekenaarvraestel 04:05  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 04:06  O_______T_______S_______


Spellingbl 46 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 04:07  O_______T_______S_______


Naslaanbl 46-49 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 04:08  O_______T_______S_______


Lees Elektrisiteit – niks skokkend daaraan nie, LM Vermelen. Hoofstuk 4 – 6_______


Stelwerk Dieselfde koerant vir wie jy ‘n tyd gelede die boekresensie geskryf het, het jou nou
nou gevra om ‘n film te resenseer. Resenseer daarom nou ‘n film van jou keuse. Hierdie keer moet dit skriftelik gedoen word.________


4. Pieter en die Diewe


Week 12

Rekenaarvraestel 04:09  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 04:10  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 04:11  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 49-50 Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 04:12  O_______O_______S_______


Leesgenot bl 50 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 04:13  O_______O_______OS______


Stelwerk Laat ‘n ouer of onderwyser die stuk agterin die vakgids vir julle hardop lees. Skryf nou alles neer wat jy kan onthou van die gebruik van lugballonne tydens die Anglo-Boereoorlog. Meld ook die mate van sukses wat behaal is.________


Week 13

Lees die stuk op bladsy 51-52.

Begrip bl 52 Rekenaarvraestel 05:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 52-56 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 05:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 05:03  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 05:04  O_______T_______S_______


Lees Die geheim van die blou motor, B de Villiers Hoofstuk 1 – 3________


Stelwerk Die uitgewers van die koerant waarvoor jy gereeld bydraes lewer, is baie in hulle skik met jou werk. Veels geluk. Hulle wil hê jy moet ‘n artikel skryf vir ‘n tydskrif, wat hulle ook uitgee, oor jou gunsteling figuur in die geskiedenis. Gaan kyk eers na die verskille tussen tydskrif- en koerantartikels. Jy sal sien dat tydskrifartikels gewoonlik langer is as die in koerante, en meer besonderhede bevat. Die taalgebruik is ook mindersaaklik. Dit is egter nog steeds belangrik om goeie taal te gebruik en nie ongemotiveerde stellings te maak nie. Skryf jou artikel nou hier neer.________


Week 14


Spelling bl 56 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 05:05  O_______T_______S_______


Naslaan bl 56-57Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 05:06  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 58-59Vul die blokkiesraaisel in en kontroleer of verkry die antwoorde

Rekenaarvraestel 05:07  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 59 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 05:08  O_______O_______OS______


Lees Die geheim van die blou motor, hoofstuk 4 – 6_______


Stelwerk Laat iemand die aangehegte leesstuk voorlees. Antwoord nou net een vraag na aanleiding daarvan; die vraag staan onder aan die leesstuk. Laat die persoon weer die stuk hardop lees, en dink weer oor die vraag.________


5. Die Krimpvarkies


Week 15

Lees die stuk op bladsy 60-61.

Begrip bl 61-62 Rekenaarvraestel 06:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 62-65 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 06:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:03  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:04  O_______T_______S_______


Stelwerk Op pad na ‘n afspraak gistermiddag, het jy amper op ‘n slang getrap, toe jy kortpad deur ‘n veldjie gehardloop het. Vertel jou pa presies wat gebeur het.________

______________________________________________________________________


Eksamen: Week 1 – 15
______________________________________________________________________


Week 16

Spelling bl 65 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 06:05  O_______T_______S_______


Naslaanbl 65-67 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 06:06  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:07  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 67-68 Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 06:08  O_______T_______S_______


Lees Wittes, R. Strijdom-Meij Hoofstuk 1 – 2________


Stelwerk Laat iemand die leesstuk agterin die vakgids voorlees. Bespreek in die groep wat elkeen van wildehonde dink, na aanleiding van wat julle gelees het.________


6. Die Vlieër


Week 17

Leesgenot bl 68 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 06:09  O_______O_______OS______


Hersieningstoets 2 bl 69-72

Rekenaarvraestel 06:10  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:11  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:12  O_______T_______S_______


Lees Wittes, R. Strijdom-Meij Hoofstuk 3 – 4________


Stelwerk Jy was verlede naweek by die mooiste plek wat jy nog ooit gesien het. Beskryf dit
vir’n maat wat nog nie daar was nie.________


Week 18

Rekenaarvraestel 06:13  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:14  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:15  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 06:16  O_______T_______S_______


Stelwerk Jou pa het vir jou ‘n klomp ou gereedskap en boumateriaal gegee, en jou ma ou
klere en kombuisgereedskap, want jy wil dit verkoop om Australië toe te gaan.
Maak nou ‘n plakkaat om die verkoping te adverteer.________


Week 19

Lees die stuk op bladsy 73-74.

Begrip bl 74 Rekenaarvraestel 07:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 56-78 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 07:02  O_______T_______S_______


Spelling bl 78 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 07:03  O_______T_______S_______


Naslaanbl 78-80 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 07:04  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 07:05  O_______T_______S_______


Lees Magnetisme, E. Williamsbl 1 – 34________


Stelwerk Jou ouma se been het nou net mooi herstel van die vorige besering. Sy het verlede naweek weer vir julle kom kuier.Jy het besluit om vir haar te wys hoe bly jy is dat sy so goed herstel het, deur die stoep se vloer blink te poleer, soos sy altyd daarvan hou. Ongelukkig het sy bietjie vroeër aangekom as wat jy verwag het. Jy het vroeër‘n vislyntjie oor die stoeptrappies gespan om jou broer te pootjie, omdat hy jou verlede week gekul het toe hy iets by jou verkoping wou koop. Toe jy die lyntjie wou verwyder, omdat jy sien jou ouma het aangekom, was dit reeds te laat. Sy het al vyf tree oor die stoep geskaats op haar maag. Julle is nou by die hospitaal en die oorsaak van die ongeluk op ‘n vormpie ingevul word. Verdeel nou in groepies van twee. Een is die hospitaalklerk en die ander een jy. Dramatiseer (voer op) die gesprek tussen julle twee. ________


Week 20

Rekenaarvraestel 07:06  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 80-81Vul die blokkiesraaisel in en kontroleer of verkry die antwoorde

Rekenaarvraestel  07:07  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 82 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 07:08  O_______O_______OS______


Lees Magnetisme, E. Williams bl 35 – 69 ________


Stelwerk Die plaaslike Bejaardesorgsentrum het ‘n geleentheid gereël om jongmense bewus te maak van situasies in en om die huis wat vir bejaardes gevaarlik kan wees. Jy is die spreker. Hou jou toesprakie.________


8. Stopsel laat Homley weer kou


Week 21

Lees die stuk op bladsy 83-84.

Begrip bl 85 Rekenaarvraestel 08:01  O_______ O_______ OS______


Taalleer bl 86-90 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 08:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 08:03  O_______T_______S_______


Spelling bl 90 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 08:04  O_______T_______S_______


Stelwerk Doen ‘n uiterlike beskrywing van ‘n natuurverskynsel van jou keuse. Dit beteken jy moet beskryf hoe dit lyk, ruik en klink, maar nie hoe jy daaroor voel nie. ________


Week 22

Naslaanbl 90-92 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 08:05  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 92-93 Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 08:06  O_______T_______S______


Leesgenot bl 93 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 08:07  O_______O_______OS______


Lees Van skaatsborde en ‘n inbraak, M. MeijHoofstuk 1 – 2 ________


Stelwerk‘n Jeugtydskrif het van jou te hore gekom met jou praatjie by die bejaardesorgsentrum.
Hulle wil graag hê jy moet ‘n artikel skryf oor “Cool maniere met ‘n ouma in die huis.”
Onthou, jou styl moet anders wees as met die praatjie, want jou gehoor is anders. _______

____________________________________________________________________________________


Ingrif: Rekenaarvraeselle 06:05 – 08:07 (40 Vrae)
____________________________________________________________________________________


9. ‘n Eienaardige stokperdjie


Week 23

Lees die stuk op bladsy 94-95.

Begrip bl 95 Rekenaarvraestel 09:01  O_______ O_______ OS______


Taalleer bl 96-98 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 09:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:03  O_______T_______S_______


Spelling bl 99 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 09:04  O_______T_______S_______


Naslaanbl 99-100 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 09:05  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:06  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:07  O_______T_______S_______


Lees Van skaatsborde en ‘n inbraak, M. MeijHoofstuk 3 - 5


Stelwerk Laat iemand die aangehegte leesstuk slegs eenmaal hardop lees. Binne die groep moet julle dan ooreenstemming bereik oor drie vrae. Laat die stuk dan weer hardop gelees word, en kyk of julle makliker ooreenstemming bereik.________


Week 24

Flinkdink bl 101Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 09:08  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 101 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 09:09  O_______O_______OS______


Hersieningstoets 3

bl 69-72 Rekenaarvraestel 09:10  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:11  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:12  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:13  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 09:14  O_______T_______S_______


Stelwerk Die uitgewers met wie jy nou reeds op goeie voet is, wil weer jou dienste gebruik. Die boek Van skaatsborde en ‘n inbraak wat jy verlede week klaar gelees het, was eintlik ‘n manuskrip (boek wat nog nie uitgegee is nie) wat jy moes beoordeel. Nou vra hulle jou om die flapteks te skryf.Onthou, die flapteks is iets heel anders as ‘n resensie. Daarin moet net genoeg gesê word om die leser lus te maak om die boek te lees. Gaan lees eers ‘n paar boeke se flaptekste voor jy die een skryf.________


10. Vlooiparadys


Week 25

Lees die stuk op bladsy105-106

Begrip bl 106 Rekenaarvraestel 10:01  O_______ O_______ OS______


Taalleer bl 108-109 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 10:02  O_______T_______S_______


Spelling bl 109 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 10:03  O_______T_______S_______


Naslaanbl 109-111Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 10:04  O_______T_______S_______


Lees Drie snaakse vakansiegangers, B de VilliersHoofstuk 1 – 2________


Stelwerk Jy is die eienaar van ‘n vakansie-oord. Daar is een chalet wat bespreek is deur belangrike gaste. Deel op in groepies van twee. Een is die eienaar en een die leier van die skoonmaakspan. Dra die boodskap duidelik maar hoflik oor dat die spesifieke chalet baie deeglik skoongemaak moet word. Ruil dan rolle om.________


Week 26

Rekenaarvraestel 10:05  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 10:06  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 111-112 Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 10:07  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 112 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 10:08  O_______O_______OS______


Rekenaartoets: Vraestelle 07:01-10:08 (40 vrae)_______


Lees Drie snaakse vakansiegangers, B de VilliersHoofstuk 3 – 4________

Stelwerk Stel ‘n brosjure saam om jou oord te bemark.________


11. Die Drenkeling


Week 27

Lees die stuk op bladsy113-114

Begrip bl 114-115 Rekenaarvraestel 11:01  O_______ O_______ OS______


Taalleer bl 115-118 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 11:02  O_______T_______S_______


Spelling bl 118 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel11:03O_______T_______S_______


Naslaanbl 118-119 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 11:04  O_______T_______S_______


Stelwerk Doen ‘n gevoelsbeskrywing oor ‘n sonsondergang, ‘n wyfiedier met haar kleintjies of enigiets anders in die natuur.Dit beteken jy kan ‘n deel afstaan aan ‘n uiterlike beskrywing, maar die klem moet lê oor hoe jy daaroor voel. Dit kan positief of negatief wees.________


Week 28

Rekenaarvraestel 11:05  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 120 Kontroleer jou antwoorde op die oefeningmet die rekenaarvraestel

Rekenaarvraestel 11:06  O_______T_______S_______


Leesgenot bl 120 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 11:07  O_______O_______OS______


Lees Hoed vol vere, R. Strijdom-Meij Hoofstuk 1 – 2________


Stelwerk Jy het reeds met allerlei projekte driekwart van die geld verdien wat nodig is om in Australië te gaan kuier.Jou oupa het besluit om die res vir jou te gee.Skryf ‘n brief om dankie te sê daarvoor.________


12. Geregtigheid


Week 29

Lees die stuk op bladsy 121-122

Begrip bl 122-123 Rekenaarvraestel 12:01  O_______O_______OS______


Taalleer bl 123-125 Bestudeer die dele wat elke rekenaarvraestel aandui goed

Rekenaarvraestel 12:02  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 12:03  O_______T_______S_______


Spelling bl 125 Leer die woorde se spelling

Rekenaarvraestel 12:04  O_______T_______S_______


Naslaan bl 125-126 Gaan die afdeling goed deur voordat jy die vraestelle aanpak

Rekenaarvraestel 12:05  O_______T_______S_______


Flinkdink bl 126-127 Vul die blokkiesraaisel in en kontroleer of verkry die antwoorde op die rekenaar

Rekenaarvraestel 12:06  O_______T_______S_______


Lees Hoed vol vere, R. Strijdom-MeijHoofstuk 3 – 5 ________


Stelwerk ‘n Klompie van jou maats gaan see toe Desember, en het gehoor van die diepsee duikkursus wat jy in April bygewoon het. Hulle het jou gevra om hulle meer te vertel daarvan, veral oor hoe en waar hulle moet inskryf. Vertel hulle informeel, maar volledig.________


Week 30

Leesgenot bl 128 Soek die gedig in jul tuisbiblioteek of maak ‘n afdruk in die dorpsbiblioteek

Rekenaarvraestel 12:07  O_______O_______OS______


Hersieningstoets 4

bl 129-132 Rekenaarvraestel 12:08  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 12:09  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 12:10  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 12:11  O_______T_______S_______

Rekenaarvraestel 12:12  O_______T_______S_______


Rekenaartoets: Vraestelle 11:01-12:12 (40 vrae)_______


Stelwerk ‘n Plaaslike sakeman het gehoor van al die projekte wat jy aangepak het om geld te maak vir jou oorsese besoek. Hy het jou genooi om by die volgende vergadering van die Sakekamer ‘n praatjie te hou met die onderwerp: Geleenthede vir die ondernemerop laerskoolouderdom. Lewer jou praatjie.________


Aanhangsel tot Vakgids: Stelwerk

Week 10



Week 12 






Week 14


Het Napoleon Bonaparte vir dekades na die slag van Waterloo ‘n belangrike rol gespeel in Europese politiek?





Week 16



Week 23


Wat is ‘n passiespel?

Waarom is daar ‘n passiespel in Oberammergau?

Is die passiespel in Oberammergau die enigste een?


 


Gedigte wat nie in die handboek is nie

Slegs vir opvoedkundige doeleindes


Die lied van die koringboer

(Aan my moeder)

“O sing my die lied, sing my die lied,

Die lied wat my hart so raak,

Van die Onderveld-boer en sy koringmiet

En die donder, wat kreun en kraak.”

*

“Vanmelewe het daar ‘n boer gewoon,

Daar vér in die Onderveld,

Sy lande het altyd sy werk beloon

Met gerwe haas ongeteld.

Toe kom daar ‘n grote droogte aan


<<< verkort >>>



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  114 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings