Kenweb Embleem

Kenweb - waarvoor gebruik?

Waarvoor kan Kenweb se produkte en dienste gebruik word?

TeikenKenweb se rekenaarprogramme en selfwerkonderwys is reeds in vier omgewings getoets. Dit is tuisonderwys, skole en vir ekstra vakke. Kenweb het ook al entoesiastiese terugvoer gekry dat Selfgedrewe onderwys goed werk vir gestremde kinders.

BELANGRIK: Behalwe vir gr 1, 2 en 3 is ons hulpmiddels ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Voldoening aan spesifieke kurrikulums van spesifieke lande is die gebruiker van die produkte se verantwoordelikheid. Vir byvoorbeeld voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne soos K2005 van SA sal weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees.

Hoekom verkies soveel mense Kenweb se hulpmiddels? Antwoord.

Tuisonderwys

Duisende kinders het reeds tuisonderrig ontvang met behulp van Kenweb se unieke Selfgedrewe Onderwys.

Waar ouers tevore al die leerders se werk moes instudeer en dan lesse aanbied, leer die leerders nou uit hulle kindvriendelike handboeke en vra wanneer hulle nie verstaan nie. Daarby toets die rekenaar elke feit wat die kind behoort te ken. Uit die verskeie punte wat die kind daagliks kry, kan die ouer weet of sy kind vorder.

Ouers wat tuisonderwys doen, rapporteer dat die terugvoer wat rekenaars gee, hulle kinders sterk motiveer.

Skole

Waar skole se onderwys nie op standaard is nie, kan dit aangevul word met Kenweb se hulpmiddels. Die ervaring leer dat kinders heelwat op hulle eie vermag omdat die skoolonderrig darem 'n soort fondament is. Die doelwitvelle help ook om spesifieke gedeeltes, wat hersien wil word, te vind.

Ekstra vakke

Omdat leerders op eie tempo kan vorder en die resultate verseker is en met punte bewys kan word, is Kenweb se rekenaarprogramme gewild by kinders wat ekstra vakke wil neem wat nie in 'n skool aangebied word nie of wat nie in die skoolprogram kan inpas nie. Let tog daarop dat Kenweb se CDs alle vakke vir 'n spesifieke graad op het. Behalwe vir Afrikaans, kan vakke nie afsonderlik aangekoop word nie. Handboeke wel.

Ekstra klasse

Onderwysers wat ekstra klasse aanbied, gebruik ook Kenweb se stelsel omdat leerders op eie tempo kan vorder en die resultate verseker is en met punte bewys kan word. Kenweb se programme maak dit ook moontlik dat verskillende vakke en grade in een sessie hanteer kan word. Let tog daarop dat Kenweb se CDs alle vakke vir 'n spesifieke graad op het. Behalwe vir Afrikaans, kan vakke nie afsonderlik aangekoop word nie. Handboeke wel.

Buiteland

Kenweb se produkte is gewild in die buiteland. Ouers wat tydelik in die buiteland is gebruik dit asook Afrikaanssprekendes wat graag wil hê kinders moet nie hulle taalvermoë verloor nie. Natuurlik is dit ook gewild by oupas en oumas wat graag help dat kleinkinders buite SA leer om Afrikaans te praat. Afrikaanse rekenaarprogramme en handboeke kan afsonderlik aangekoop word.

 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram