Kenweb Embleem

Nuus

Kenwebnuus einde 2009


Beplan jy reeds vir volgende jaar se tuisonderwys of aanvulling van skoolonderwys? Soek jy ‘n unieke kersgeskenk vir die kleinkinders? Dan mag dit jou baat om verder te lees!

Die Kenwebspan het in 2009 hard gewerk om alles in plek te kry vir ons nuwe bedeling. Hierdie nuusbrief bevat die besonderhede. Daarby is daar spesiale prysaanbiedings vir gesoute kliente sowel as tuisonderwysouers wat belangstel in enkele items soos Kenweb se hoogaangeskrewe begeleiersopleiding (oueropleiding).

25% afslag!

Kenweb bied op die oomblik 25% afslag aan op alles behalwe handboeke wat deur ons webwinkel gekoop word. Ons het die afgelope jaar baie moeite gedoen om die webwinkel in bedryf te stel. Dit is nou reeds 'n paar maande suksesvol getoets. Omdat Suid-Afrika nie ondersteun word deur ons hoofstroom betaalkanaal nie word die pryse en trollieinhoud in SA rand gegee maar die finale betaling in NZ$ gedoen. Hoewel dit vreemd voorkom is daar nie bykomende kostes aan verbonde nie.

Laai nou rekenaarprogramme en vraestelle met hulle memorandums direk van die internet af!

Het jy 'n eksamenvraestel met sy memorandum NOU nodig? Ons kan help. Vraestelle en rekenaarpakkette kan direk van die webwinkel afgelaai word nadat jy 'n kooptransaksie daarvoor deurgesit het. Dit los ook sekuriteitsprobleme op omdat ouers vraestelle direk op 'n geheuestokkie kan aflaai en die stokkie veilig bêre. Onthou asseblief die eksamenvraestelle is geskoei op ons leergange. Jou handboekaankope moet natuurlik met landpos gestuur word.

Nuwe opleidingsvideo op ons webwerf!

Jy kan nou kyk na 'n video wat Kenweb se rekenaarprogram wat in sy pakkette gebruik word, verduidelik. Die program is baie kragtig maar ons het agtergekom dat ouers dikwels nie verstaan hoe die program werk nie en hom dan nie volledig gebruik nie. Gaan na Kenweb se webwerf (www.kenweb.co.za) en kies Videos. Die video is 9 minute lank. Die video wat Kenwebperspektiewe, deurbrake en metodes verduidelik is ook daar beskikbaar.

Aanvangsonderrig blink uit!

Kenweb se aanvangsonderrig (gr 1 tot 3) is baanbrekerswerk wat aan beide die nuwe en vorige leergange se vereistes voldoen. Die pakkette is van ons topverkopers. Dit maak 'n baie kritiese fase van opvoeding maklik deur 'n stap-vir-stap begeleiding van die ouer. Die oneindige geduld van die rekenaar word ook plek-plek ingespan. Die pakkette is 'n moet vir dinamiese ouers wat wil seker maak dat hulle kinders die beste vastrapplek kry. Dit kan selfs gebruik word al is u kinders in 'n skool. Gr 1. Gr 2. Gr 3.

Kenweb spesialiseer steeds in die vorige, inhoudryke leergange!

Hoewel aanvangsonderrig volledig bygewerk is en gr 4 tot 9 algemeen gebruik word om ook te voldoen aan die nuwe SA-leergange*, spesialiseer Kenweb steeds in die ou leergange. Hoekom bly die ou leergange so gewild? Hulle is inhoudryk, beproef, kultuurvriendelik, geloofsvriendelik en makliker vir ouers om hulp te gee. Hulle kan ook as 'n belangrike aanvulling gebruik word vir skoolvakke en tuisonderwysvakke veral omdat dit selfgedrewe gestruktureer is. Selfgedrewenheid is natuurlik 'n vaardigheid wat jou kind vorentoe goed te staan sal kom.

* Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag vir gr 4 tot 9 'n mate van weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees.

Belangrike veranderings

Kenweb het besluit om voortaan pakkette net tot gr 9 te verskaf. Die vereistes van die onderwysdepartemente vir die hoër grade is van so 'n aard dat dit vir ouers te moeilik geraak het om hoofsaaklik met ons pakkette daaraan te voldoen. Moenie die uitverkoping van gr 10, 11 en 12-handboeke mis nie! Indien jy 'n spesiale rede het om die pakkette tog te gebruik kan ons kantoor skakel.

Met die webwinkel in werking sal alle vraestelle daarvandaan verkoop word en direk afgelaai kan word. Daar sal dus, behalwe hierdie jaar se eindeksamen, nie meer vraestelle net voor die eksamendatums uitgestuur of gemerk word nie. Memorandums wat saam met vraestelle verskaf word maak dit maklik om self te merk.

Kenweb help met die ekonomiese insinking

Kenweb hou sy pryse nou al vir 'n paar jaar dieselfde. Saam met die 25% afslag op bestellings deur die webwinkel maak dit vir 'n aansienlike besparing. Die lae pryse maak dit selfs ook moontlik om 'n jaarpakket aan te koop en net vir een of twee van die vakke te gebruik.

Uitverkoping!

Handboekwinskopies van die jaar. Hoofsaaklik gr 10, 11 en 12 handboeke. Hierdie handboeke is kosbare verwysingsbronne vir tuisonderwys - 'n eenmalige geleentheid.

Skakels na belangrike padkos vir tuisonderwys en aanvulling naas skool

Beter leesspoed en leesbegrip terwyl jy werk!

Kenweb kan leesspoed en insiglees bevorder terwyl 'n student leer. Klik op hierdie skakel om die video oop te maak. Klik dan in die video se inhoudsopgawe op Flitstyd om te sien hoe dit werk.

Klikavonture!

Klikavonture is 200 internetskakels na gratis opvoedkundige programme. Hulle is ingedeel volgens ouderdom en meestal in Engels. Moet hulle nie onderskat nie. Dit sal letterlik duisende kos om soortgelykes self aan te koop.

Teken in vir hierdie nuusbrief

Jy kan inteken om hierdie lae frekwensie nuusbriewe in die toekoms te ontvang. Kliënte van Kenweb is outomaties op die lys. Gaan na ons webwinkel en gee onderaan in die regterpaneel u eposadres. Anders kan u vir ons 'n epos stuur, klik Teken my in asb.

Indien jy nie nuusbrief wil ontvang nie, stuur 'n epos, klik op Haal my af asb. (Die skakel nie vir jou werk nie kan jy 'n epos stuur aan kenweb@kenweb.co.za met die opskrif "Haal my van die poslys af asb").

Ons waardeer u vriendskap en sien uit daarna om u tot diens te wees.

Andre en die Kenwebspan.

 

 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram