Kenweb Embleem

Untitled Document

Getuigskrifte skole

GetuigskrifOp hierdie bladsy vind u getuigskrifte oor hoe skole Kenweb se selfwerkonderwys ervaar. Meer as 50 skole het al van Kenweb se produkte gekoop. Dis meestal klein onafhanklike skole.

Kirstonia Privaatskool (Bray)
Skoolhoof: Mev Marelna Graupner

Beste André, Elizabeth en Kenweb personeel

Baie dankie vir al julle moeite met die Kenweb Seminaar hierdie afgelope naweek. Ek en Anna-Mari het dit vreeslik geniet. Dit was lekker om die Kenweb-(familie)-span weer te sien en ander mense ontmoet wat dieselfde probleme en plesiere deel.

Ons het beslis baie geleer en gebaat by die seminaar. Die lesings was uitstekend en ons het die informele-saamgesels-styl baie geniet.

Dra ook asseblief ons dank oor aan die dames wat met elke ete en teetyd gesorg het vir die eetgoed. Dit was van hoogstaande gehalte en baie lekker.

Ons sien julle definitief volgende jaar weer.

Groete,
Marelna Graupner en Anna-Mari van Deventer
Kirstonia Privaatskool - Bray

 

Môrester Onafhanklike Skool (Vanrhynsdorp)
Skoolhoof: Mev Stompie Zandberg. Tel (02727) 91217


VanRhynsdorpskool

Uit die leerlinge se oogpunt sien hulle die nuwe stelsel as 'n verbetering op klassikale onderrig. Die herhaling lê feite vir hulle beter vas en minder voorbereiding is vir toetse nodig. Individuele vordering teen eie tempo geval leerlinge. Die hoë standaard motvieer hulle om hul beste te lewer en "geen huiswerk" is 'n pluspunt.

Alhoewel die implementering aanvanklik duur is, besef leerlinge dat dit 'n belegging in hulle toekoms is en help ywerig om die nodige fondse te in. Die lang ure voor die rekenaar is vir hulle meer aanvaarbaar as die vervelige onderwysers van die ou bedeling!!

 

Pro Ed Akademie, Namibië
Mev Amanda Fleidl skryf na sy die weekkursus bygewoon het. Tel 0926464 461582


Hallo aan almal wat verlede week so deel was van my lewe. 'n Baie spesiale dankie aan elkeen. Die week het baie meer vir my beteken as wat ek in woorde aan julle kan oordra.

Ek is nie 'n baie goeie spreker nie, veral as Manlief in die omgewing is nie. Daarom wil ek langs hierdie weg van die geleentheid gebruik maak om uit my hart uit dankie te sê. Nie net vir die Kenweb familie nie, maar vir elke Oraniër met wie ek te doen gekry het. Dit is vir my werklik 'n inspirasie om te sien met watter blymoedigheid julle julle take uitvoer.

Ek sal definitief nie huiwer om weereens 1800 km af te lê nie. Ek het werklik persoonlik baie gebaat by die kuier/kursus. André, jy moet dalk die kursus herdoop na 'n verrykingskursus! Ek is baie eerlik as ek sê dat dit vir my persoonlik 'n geweldige verskil gemaak het in meer as een opsig. Wanneer die telefoon lui sê Manlief al by voorbaat, maak 'n afspraak met die mense sodat jy hulle mondelings kan vertel want die telefoonrekening gaan hemelhoog wees!

 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram