Kenweb Embleem

Untitled Document

Getuigskrifte leerlinge

GetuigskrifOp hierdie bladsy vind u getuigskrifte oor hoe leerlinge Kenweb se selfwerkonderwys en rekenaarprogramme ervaar.

Estella Boshoff
Volkskool Orania

Estella verwerf landswyd 2e plek in die groep Grade 6 en 7 in LEESOLIMPIADE 2007

Die twee-jaarlikse Leesolimpiade se finale ronde is op 12 Oktober 2007 op die kampus van die Noord-Wes Universiteit afgehandel. Veertien finaliste van oor die land het deelgeneem in die twee kategorieë, grade 6/7 en grade 8/9.

In die uitdun ronde het daar gesamentlik 850 leerders gekwalifiseer om aan die streekkompetisie deel te neem. Die wenners van die streekkompetisies het op Potchefstroom sake uitgespook om die algehele wenners te bepaal. Deelnemers van onder andere Upington, Orania, Potgietersrus, Gauteng en ander areas het aan die Leesolimpiade deelgeneem.

Barend Uys
Ingenieursstudent Universiteit van Pretoria

Geneem uit 'n geselsbrief aan 'n skoolmaat wat ook met Kenweb gestudeer het. "In die skool het jy geweet jou werk is baie. Daar het jy darem geweet as jy klaar is met 'n week se werk is jy klaar. Hier kan jy nooit genoeg werk (om op datum te wees!?) nie. Ek sal jou sê die stelsel maak mens definitief meer gewoond aan universiteit. Die ouens kla net dat hulle nou ewe skielik die hele tyd so hard soos in die eindeksamen moet werk. Gelukkig is ons gewoond daaraan om die hele tyd te werk. So die aanpassing is definitief baie minder. Al wat hier nie lekker is nie, is dat jy nooit kan sê :"A! Nou is my werk op datum nie." Daar is altyd iets wat jy eintlik nog moet doen. So hier moet jy leer wat belangrik is en wat nie en dan werk jy net aan wat belangrik is."

Marne Beukes
Matriekleerling van Pretoria-Noord

Tannie Elizabeth,

Baie dankie vir u e-pos i.v.m. die portefeuljes ...

En ek wil ook sommer dankie sê dat Kenweb sulke goeie diens lewer! Ek as leerling is baie beïndruk met die buigsaamheid van die stelsel, want soms werk ek baie vinniger as wat die vakgidse sê. Dis een van die redes hoekom ek op tuisskool besluit het, want dit was altyd so irriterend as ek klaar is en die ander nog nie eers die datum geskryf het nie! Maar die lekkerste van tuisonderwys is die wintermaande wanneer ek voor die verwarmer leer, terwyl my maats in die koue klasse sit en bewe!

Groete
Marne Beukes en Dirkie, my kat wat haar verbeel sy is my onnie.

 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram