Kenweb Embleem

Kenweb Gebruiksvoorwaardes

Standaard Gebruiksvoorwaardes


Handskud 1. Die outeursreg en kopiereg van Kenweb se rekenaarprogramme en die hulpmiddels wat daarmee saamgaan, berus by Kenweb en word beskerm deur die Wet op Kopiereg, Internasionale Ooreenkomste en ook ander wette.

2. Gebruikers moet aanvanklik 'n toegangskode van Kenweb aanvra om rekenaarprogramme waarvoor hulle gebruikregte het, te aktiveer. Geen bykomende fooie word daarvoor gehef mits dit binne die gebruiksregtydperk van die gekoopte programme is nie.

3. Gebruiksreg op Kenweb se programme word gekoop vir 'n tydperk van vier jaar. Daarna moet nuwe regte gekoop word. Skole kan navraag doen oor tydperke en pryse wat vir hulle geld.

4. 'n Aanvanklike rekenaarpakket van Kenweb mag slegs op een rekenaar gebruik word.

5. Die reg om rekenaarprogramme op bykomende rekenaars te gebruik (genoem "Verderes"), kan van Kenweb bekom word. Indien u regte aangekoop het, mag u die rekenaarprogramme net op soveel verdere rekenaars laai of gebruik as waarvoor u regte gekoop het. Dit sluit netwerkgekoppelde rekenaars in.

6. 'n Gebruiker se gebruiksreg op Kenweb se rekenaarprogramme mag net op een plek uitgeoefen word. Dit geld ook vir verdere regte. As 'n gebruiker die rekenaarprogramme ook op 'n ander plek wil gebruik, moet volledige aanvanklike en verdere regte daarvoor aangekoop word.

7. 'n Gebruiksreg vir rekenaarprogramme wat aan Kenweb behoort, mag nie aan 'n volgende gebruiker oorgedra of verkoop word nie.

8. Gebruikers van Kenweb se produkte moet bereid wees om op versoek van Kenweb binne 14 dae skriftelik te bevestig dat aan Kenweb se standaard gebruiksvoorwaardes voldoen word.

9. Die gebruiker moet die materiaal wat deur Kenweb verskaf word op ontvangs nagaan en enige vervaardigingsfout of -gebrek binne 30 dae vanaf aflewering aanmeld vir regstelling.

10. Die koper het die reg om sy kontrak met Kenweb te kanselleer binne 7 dae na die kontrak of na aflewering, watter tydperk ookal die langste is. Die kontrakbedrag minus 'n administrasiefooi sal terugbetaal word mits die koper sorg dat al die kontrakitems Kenweb ongebruik en onbeskadig bereik en mits die rekenaarprogramme nie geaktiveer is nie.

11. Gebruikers van Kenweb se produkte en dienste verbind hulle tot die orde- en ander reëlings wat daarvoor getref word.

12. 'n Gebruiker het geen regte behalwe die wat in hierdie standaard gebruiksvoorwaardes vervat word nie, tensy skriftelik deur Kenweb verskaf.

13. Hoewel alle voorsorg getref is om te sorg dat Kenweb se produkte en dienste van die hoogste kwaliteit is, gee Kenweb geen waarborg, uitdruklik of stilswyend, van enige aard hoegenaamd in verband met die bruikbaarheid daarvan nie. Verder aanvaar Kenweb geen aanspreeklikheid in enige opsig vir die produkte en dienste nie. Kenweb sal nie verantwoordelik wees vir enige direkte, indirekte, toevallige of gevolglike skade nie.

14. Kenweb se hulpmiddels is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Voldoening aan spesifieke kurrikulums van spesifieke lande is die gebruiker van die produkte se verantwoordelikheid. Vir byvoorbeeld voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne soos K2005 van SA mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees.

15. Hierdie standaard gebruiksvoorwaardes mag van tyd tot tyd hersien word.

---oooOOOooo---

 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram