Kenweb Embleem

Begeleierskwotasieversoeke

Probeer ons webwinkel.

Begeleiers pryse en kwotasieversoek

07Ons het 'n uitgebreide reeks produkte vir Begeleiers. Al die items wat gemerk is, beveel Kenweb aan om die begeleier 'n stewige onderbou te gee. U kan natuurlik tussen al die items kies volgens u behoefte. Hierdie produkte kom ook by die toepaslike grade voor.

Indien u 'n kwotasie per vonkpos wil ontvang, sorg dat die items waarin u belangstel gemerk is en klik op "Stuur" onderaan. Dit neem ons gewoonlik 'n werksdag om die kwotasie op te stel. Pryse op hierdie lyste mag sonder kennisgewing verander maar kwotasies is geldig vir die tydsduur daarop aangedui. Indien u tevrede is met die kwotasie, kan u direk op ons rekening op die kwotasie aangedui, inbetaal en die betaalbewys aan ons stuur.

Die pryse is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing en transaksies geskied op grond van Kenweb se gebruiksooreenkoms.


Programme

Kursus vir begeleiers in Selfgedrewe-onderwys - Die pakket sluit die volgende in: 'n "Selfgedrewe-onderwys sagteband handleiding met 65 A4-bladsye, geskryf deur Andre van den Berg; 'n CD met 'n rekenaarprogram waarmee die begeleier sy vordering toets plus 'n studiegids wat die werkwyse verduidelik. Dit sluit 'n doelwitvel in wat die werk opdeel in 6 weke. Hierby is kontroles vir hoofstukraamwerke, gedoende rekenaarvrae, praktiese aspekte (waar van toepassing), ken hoofstukke en rekenaar hoofstuktoetse ingebou. Die handleiding behandel aspekte soos: Die agtergrond waarteen ons vandag onderwys gee. Hoe selfgedrewe onderwys verloop. Hoe selfgedrewe onderwys terugvoer gee. Die onderbou wat selfgedrewe onderwys nodig het. Dié pakket vervang die weekkursus wat jaarliks by Kenweb gehou was. Andre het vir die afgelope 8 jaar die begeleiers kursus hier by Kenweb aangebied. Om koste te bespaar en dit vir meer mense moontlik te maak om die geheim van Kenweb te verstaan, word die program en handleiding beskikbaar gestel. Die kursus is bedoel vir ouers en onderwysers. DIE KURSUS IS 'N MOET VIR BEGELEIERS WAT DIE KENWEBSTELSEL VOLLEDIG WIL BENUT. Die prys van die produk is R590.00.

Handboeke

Wiskunde onderwyserhandleiding Gr 1-3 vir handboek (opsioneel) R60,86
Wiskunde onderwysershandleiding vir handboek Gr 4-6 (opsioneel) R76,85
Wiskunde onderwysershandleiding vir handboek Gr 7 (opsioneel) R79,90
Wiskunde onderwysershandleiding vir handboek Gr 8 (opsioneel) R55,95
Wiskunde onderwyserhandleiding vir handboek Gr 9 (opsioneel) R55,95

Video

Video wat Kenweb se unieke en kragtige onderwysmetode verduidelik (30 min) op DVD R98,00
Video wat Kenweb se unieke en kragtige onderwysmetode verduidelik (30 min) op videoband R98,00

Ander aanbevole programme vir Begeleiers

"Vinnige Vingers" tikvaardigheid rekenaarprogram & elektroniese gidse R380,00

- Wiskunde rekenaarpakkette (Kyk onderaan vir Wiskundeverskaffers se besonderhede)

Leesvaardigheid

Vir gespesialiseerde rekenaarprogramme wat leesvaardigheid en daarmee saam akademiese prestasie verhoog skakel met Ecoltech. Tel/faks: 014 743 0238 , selfone: 082 554 3423 en 083 572 9768 , Webwerf: www.ecoltech.co.za, e-pos: ecoltech@mweb.co.za.

Wiskunde verskaffers

- CAMI (Estelle Hutchinson) Tel 011-476 2020 Faks 011-476 6842 Epos: info@camiweb.com Webwerf: www.camiweb.com spesiale bladsy vir Kenweb www.camiweb.com/kenweb.htm
- Sergo (Marietjie Ohlhoff) Tel 012-809 0356 Faks 012-809 0360 Sel 083 264 7612

Versending van bestelling

* Verpakking van rekenaarpakkette word op CD gedoen
* Kliënte binne Suid-Afrika ontvang hulle bestelling per spoedpos.
* Buitelandse kliënte: Kies asseblief pos. Die koste hiervan is bykomend.

Belangrike inligting

* BTW is ingesluit in die pryse. 'n Belasting-faktuur word verskaf.
* Die rekenaarprogramme op hierdie pryslys aangedui werk op Windows98 en beter.
* Moet asseblief nie geld inbetaal sonder om vooraf telefonies, per vonkpos of andersins 'n totale verskuldigde bedrag by ons te kry nie.
* Tensy bykomende regte gekoop is, mag rekenaarpakkette net op een rekenaar gelaai word. Meer besonderhede in Kenweb se Standaard Gebruiksvoorwaardes.
* Spesiale afslag is beskikbaar vir bykomende regte.
* Die aankoop en gebruik van Kenweb se produkte en dienste is onderhewig aan sy Standaard Gebruiksvoorwaardes. Dit is beskikbaar by www.kenweb.co.za/sgv.htm of op aanvraag.
* Pos- en fakstariewe is bereken vir die RSA.
* Pryse mag sonder kennisgewing verander.

Persoonlike besonderhede (voltooi indien u 'n vonkpos-kwotasie verlang)

Alle velde moet voltooi word. U persoonlike gegewens moet by elke kwotasie gegee word. As u kwotasies vir meer as een graad aanvra, kan u hieronder versoek dat Kenweb een gesamentlike kwotasie vir u opstel.

Titel
Naam
Van
POSADRES
 
Posbus/Straat
Dorp/Stad
Poskode
Land
ANDER INLIGTING
 
Telefoonnommer bedags
Vonkposadres (epos)
Herhaal vonkposadres asb
*
U Kenwebkliëntenommer (indien van toepassing)
Kombineer die verskillende kwotasies wat ek vandag aanvra:


Ons waardeer enige wenke, kommentaar of spesiale versoeke.
Gemorspossif: Tik asb jou naam soos hierbo gebruik agterstevoor hier in bv Jan word naJ
*
 

Ons waardeer u belangstelling in ons produkte en dienste!


 

____________________________________________
Navraag | Gebruiksvoorwaardes | Jaarprogram