Evalueer hoe effektief u die Kenwebstelsel gebruik
Hierdie bladsy is 'n instrument in u hande om vas te stel of u die Kenwebstelsel reg gebruik. Dui met 'n regmerk of 'n verkeerdmerk aan of u gebruik van Kenweb se stelsel voldoen aan die maatstawwe. Hierdie maatstawwe is hoofsaaklik gemik op gr 4 tot gr 9. In aanvangsonderrig, gr1 tot gr3, word die kinders sterk begelei. Daarvoor is 'n handleiding beskikbaar wat dit uitspel en waaraan gemeet kan word.
Kenwebwortelvlak
(Die wortels is die noodsaaklike elemente van die stelsel waarsonder selfs basiese resultate nie verwag kan word nie)
Die begeleier sorg vir daaglikse godsdiensoefening en help die kind om die betekenis daarvan deur te trek na praktiese optrede in die leerplek en die breër omgewing.
Daar is altyd 'n begeleier fisies beskikbaar.
Die kind teken elke dag op 'n lys in wanneer hy/sy begin werk en teken weer uit as die werksdag eindig.
Die begeleier het die werkswyse soos verduidelik voor in die vakgidse, behoorlik deurgewerk en pas dit toe.
Die kind handel raamwerke af soos vir sy graad aangedui.
Die kind leer effektief uit die handboek en kry dit reg om te vra wanneer hy/sy aspekte nie self kan bemeester nie.
Die kind doen die rekenaarvrae eers NADAT hy/sy die betrokke handboekbladsye behoorlik ken.
Die kind doen die rekenaarvrae totdat hy 80% kry, teken die punt aan en laat die begeleier daarby teken.
Die kind doen Breindrawwe (waar van toepassing) en laat dit afteken.
Die kind doen elke keer die hoofstuktoets (aangedui op die doelwitvel) met die rekenaar.
Die begeleier evalueer die kind se kennis en insig met "Ken Hoofstuk". Die begeleier trek uit die hoofstuk lyne en toepassings deur na ander hoofstukke en ander vakke.
Die begeleier kontroleer deurlopend met steekproewe die eerlike toepassing van die stelsel.
Die begeleier het na Kenweb se opleidings- en inligtingsvideo gekyk
Die begeleier en student het na Kenweb se video wat die rekenaarprogram verduidelik, gekyk.
Kenwebstamvlak
(Die stam is die elemente van die stelsel wat stewigheid gee en waaruit doeltreffende leer verwag kan word.)
Die kind doen weekliks beplanning vir wat hy/sy elke dag wil afhandel en die begeleier teken daarby.
Die kind ontvang weekliks by die begeleier 'n verslag waarop die werkstand (plusse en minusse) vir elke vak aangedui word.
Die kind doen in April en September ingrif. Dws doen "eksamen" met die rekenaar.
Die kind skryf in Junie en Desember volwaardige skriftelike eksamens.
Kenwebvrugtevlak
(Die vrugte is die kroon van die stelsel wat uitloop op 'n spontane, effektiewe volwassene. Dit sluit in aspekte soos dryfkrag, ondernemerskap, entoesiasme, selfdissipline en gebalanseerde selfbeeld.)
Die kind werk, volgens Kenweb se skaal, korter ure hoe verder hy/sy vooruit werk.
Die kind evalueer homself/haarself weekliks met Kenweb se Drywingsvlakke. (Dryfkrag, verantwoordelikheid, verwesenliking van doelwitte, metakognisie, vermoë om eie projekte met eie inisiatief te dryf, ens.)
Die kind het korter as gewone skoolvakansies in April, Junie en September en het 15 dae verlof wat op eie inisiatief geneem kan word indien al sy/haar werk op datum is.
Die kind hou 'n eie lys van deskundiges wat kan help wanneer hy/sy nie 'n vakprobleem kan oplos nie. Hy/sy kry dit reg om hulle effektief te benut.
Die begeleier pas Kenweb-asemhaling toe.
Die begeleier is in besit van 'n geldige Kenwebopleidingsertifikaat. Die kursus kan by Kenweb bestel word.
Aantal regmerke
Moontlike regmerke
24
24
Persentasie
Datum
- 'n Tweede ry blokkies word voorsien om u vordering na 'n paar maande mee te kan meet.
- Begeleiers wat die Begeleierskursus voltooi het, sal die terminologie van die Kenwebstamvlak en die Kenwebvrugtevlak behoorlik verstaan.
- Onthou vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) sal weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees behalwe vir aanvangsonderrig (gr 1, 2 en 3).