Hoekom bly Kenweb se hulpmiddels so gewild? Hieronder gee ons 'n lys redes. Om aan studente die volle Kenwebvoordeel te gee, moet die begeleier natuurlik die begeleierskursus (prys op die webwerf/pryslys) doen.
Studente raak selfgedrewe. In ons moeilike wêreldomstandighede en die kennisontploffing is inisiatief neem 'n belangrike stuk gereedskap.
Alhoewel 'n begeleier voltyds teenwoordig moet wees, spaar die Kenweb hulpmiddels ouers en onderwysers baie tyd omdat die studente 'n groot deel van die werk selfstandig bemeester. Begeleiers het dus nie nodig om deur die nag lesse voor te berei nie. :) Aanvangsonderrig vereis meer betrokkenheid.
Onder meer leer Kenweb studente die volgende houdings en vaardighede aan:
+ Kan aanhoudend werk.
+ Lief vir leer.
+ Tegnologievaardig.
+ Beplan effektief.
+ Kan inisiatief neem.
+ Ondernemerskap.
+ Bestuur effektief.
+
Kan aandag toespits en doelgerig werk.
+
Ontwikkel 'n aanvoeling vir wanbalanse en moontlike probleme.
+ Selfdissipline
+ Kan toereikend voel.
Handboeke, vakgidse en doelwitvelle maak dit vir begeleiers maklik om te weet wat studente moet doen. Daarom kan inhoude ook maklik aangepas en heringedeel word.
Omdat studente elkeen volgens eie pas werk, maak die stelsel voorsiening vir vinnige en stadiger studente. Begeleiers kan selfs 'n jaar se werk uit verskillende grade saamstel. Ons ontvang ook positiewe terugvoer van gestremde studente wat baie baat.
Effektiewe terugvoer is kos vir kampioene! Kenweb se kampioene kry deurlopend terugvoer uit die stelsel dmv ons rekenaarprogramme en begeleier betrokkenheid.
Kenweb het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van ervarings. Ervaring het in moderne onderwys nuwe betekenis gekry. Kennis, houdings en vaardighede het meestal ervarings as fondamente nodig. Die Kenwebwerkplek gee studente heelwat broodnodige ervarings. Die Begeleierkursus bou daarop uit.
Jongmense se dryfveer is om effektiewe volwassenes te word. Die Kenwebstelsel boots die werkomgewing na. Daarom ervaar studente soveel bevrediging.
Kenweb se rekenaarprogram kan selfs gebruik word om leesspoed te verbeter.
Dis wyd bekend dat studente wat die Kenwebstelsel gebruik het en dan gr 10, 11 en 12 deur gewone skole/leerplanverskaffers doen besonder goed presteer. Waarskynlik is dit die resultaat van al die aspekte hierbo genoem. Net uit Kenweb se eie skool is daar talle voorbeelde van sulke studente wat meer as 5 onderskeidings behaal het.
Verdere inligting is beskikbaar in Kenweb se Begeleierskursus.