Your Cart

Heeljaar oop, net stadiger in skoolvakansies.


Skep asseblief 'n nuwe rekening. Die rekening inligting is nie oorgedra na die nuwe platform nie.


Goedkoop omdat u alles self doen met die hulp van die GIDS onderaan

Kenweb verkoop 'n sterk gesubsidieerde en omvattende stelsel of los produkte om u tuisonderrig van gr 1 tot gr 9 kragtig en effektief te maak. Inhoude is gebaseer op die vorige inhoudryke, vakgebaseerde en Christelik-Nasionale leergange terwyl gr 1 tot 3 ook nuwer leergange dek.


Ons onderwysmodel spesialiseer daarin om u kind selfgedrewe te maak en lewer resultate wat al oor dekades ouers en onderwysers verbaas.


GIDS: U MOET die GIDS onderaan deurwerk voordat u met Kenweb begin. Nadat u die Gids bestudeer het, sal u verstaan hoe Kenweb werk, hoe Kenweb help met wettige tuisonderwys, hoe Kenweb se produkte werk en hoe die webwinkel werk. Dan sal u aankope en implementering van ons produkte glad verloop. Daarmee sal u ook vertragings en slaggate vermy.